Bulletin 3 Desember 2017

NG Gemeente George-Suid Bulletin : 3 -10 Desember 2017 (47/2017) Grenslose Geur van Christus Volg ons op: www.nggeorgesuid.co.za Facebook : George Suid Gemeente Facebook : Skeppersliefde VETKOEK EN PANNEKOEK VERKOPE Ons wil vir ALMAL wat by die vetkoek-en pannekoekbakdag betrokke was en ons ondersteun het BAIE BAIE DANKIE sê!!! Die opbrengs van R7 500-00 sal in die nuwe jaar aangewend word om die pad by ons gemeentekompleks reg te maak. Ds Floors se naderende aftrede Die Kerkraad het by sy onlangse Kerkraadsvergadering kennis geneem van die feit dat ds Floors in November 2018 sy aftree ouderdom bereik. Die Kerkorde maak egter voorsiening dat ‘n predikant nog vir ‘n maksimum van […]