PROJEK WERKLOSES

Werksoekers kom daagliks na ‘n omheinde stuk grond wat deur die munisipaliteit aangewys is.   Persone wat een of meer werkers vir die dag nodig het, kan hulle daar gaan oplaai.    Hulle getalle wissel van sowat 40 tot, soms, meer as 80.     Hierdie mense het hul eie huise en beskik ook oor die nodige ID-dokumente. Vrydagoggende deel persone van George-Suid gemeente aan hierdie mense brood uit.    Maar eers word ‘n kort boodskap uit die Bybel gebring en ‘n gebed word gedoen. Agt-en-veertig vroue werk in 4 spanne van 12 elk om die brood te smeer. Elke vrou smeer dus net twee brode per maand.